Númeri 20:24-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.

25. Neem Aäron en sy seun Eleásar, en laat hulle op die berg Hor opklim;

26. en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun Eleásar aan; en Aäron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.

27. Toe het Moses gedoen soos die Here beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.

28. En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleásar aangetrek. En Aäron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Eleásar het van die berg afgeklim.

29. En toe die hele vergadering sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel Aäron beween dertig dae lank.

Númeri 20