6. En sy leër met hulle geteldes was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.
7. Verder die stam van Sébulon; en Elíab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.
8. En sy leër met sy geteldes was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.
9. Al die geteldes in die laer van Juda was honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.
10. Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.
11. En sy leër met sy geteldes was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.
12. En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Símeon; en Selúmiël, die seun van Surísaddai, moet owerste oor die seuns van Símeon wees.
13. En sy leër met hulle geteldes was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.
14. Verder die stam van Gad; en Éljasaf, die seun van Réhuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.
15. En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.
16. Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek.
17. Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.