Númeri 19:11-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Die een wat aan ’n dooie, enige lyk van ’n mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees.

12. Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig — dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.

13. Elkeen wat aan ’n dooie raak, aan die lyk van ’n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die Here, en dié siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees; sy onreinheid is nog aan hom.

14. Dit is die wet: As iemand in ’n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.

15. Ook al die oop goed wat nie met ’n deksel toegebind word nie, is onrein.

Númeri 19