Númeri 15:6-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Of vir ’n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendes van ’n efa fynmeel, met ’n derde van ’n hin olie gemeng.

7. En ’n derde van ’n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan die Here bring.

8. En as jy ’n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur ’n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die Here,

9. moet hy by die jong bul as spysoffer bring drie-tiendes van ’n efa fynmeel met ’n half-hin olie gemeng.

10. En vir die drankoffer moet jy ’n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die Here.

Númeri 15