1. DAARNA het die Here met Moses gespreek en gesê:
2. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,
3. en julle ’n vuuroffer aan die Here wil berei, ’n brandoffer of slagoffer — deur ’n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle feestye — om vir die Here ’n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,
4. dan moet die een wat sy offer aan die Here bring, as spysoffer bring ’n tiende van ’n efa fynmeel, gemeng met ’n kwart-hin olie;
5. en wyn vir die drankoffer, ’n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.