14. en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, Here, in die midde van hierdie volk is; dat U, Here, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en U in ’n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ’n vuurkolom by nag.
15. As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:
16. Omdat die Here hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.
17. Laat dan nou tog die krag van die Here groot word, soos U gespreek het deur te sê:
18. Die Here is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
19. Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.
20. Toe sê die Here: Ek vergewe, volgens jou woord.
21. Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die Here se heerlikheid vol sal word,
22. al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,
23. hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.
24. Maar my kneg Kaleb, omdat ’n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.
25. Die Amalekiete en die Kanaäniete woon in die laagte — draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee.
26. Daarna het die Here met Moses en Aäron gespreek en gesê:
27. Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.