Númeri 1:6-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai;

7. vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab;

8. vir Íssaskar: Netáneël, die seun van Suar;

9. vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon;

10. vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur;

11. vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni;

12. vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai;

13. vir Aser: Págiël, die seun van Ogran;

14. vir Gad: Éljasaf, die seun van Réhuel;

15. vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan.

16. Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel.

17. Toe het Moses en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was,

18. en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof,

Númeri 1