Númeri 1:22-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

23. hulle geteldes van die stam van Símeon was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.

24. Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

25. hulle geteldes van die stam van Gad was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.

26. Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

27. hulle geteldes van die stam van Juda was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.

28. Van die seuns van Íssaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

29. hulle geteldes van die stam van Íssaskar was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.

Númeri 1