16. Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel.
17. Toe het Moses en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was,
18. en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof,
19. soos die Here Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai.