Nehemía 8:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die sewende maand aankom, terwyl die kinders van Israel in hulle stede was,

2. het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die Here Israel beveel het, te bring.

3. En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.

Nehemía 8