58. die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;
59. die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon —
60. al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd-twee-en-negentig.
61. En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —
62. die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: seshonderd-twee-en-veertig.