7. Maar toe Sanbállat en Tobía en die Arabiere en die Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die verbetering aan die mure van Jerusalem vorder, dat die skeure begin toeraak, het hulle baie kwaad geword.
8. En hulle het almal met mekaar ’n sameswering gesmee om teen Jerusalem te gaan veg en daar verwarring te stig.
9. Maar ons het tot onse God gebid en om hulle ontwil ’n wag teen hulle uitgesit, dag en nag.
10. Maar Juda het gesê: Die krag van die lasdraers beswyk, en die puinhoop is groot, sodat ons nie aan die muur kan bou nie.
11. En ons teëstanders het gesê: Hulle mag niks weet en sien nie totdat ons tussen hulle inkom en hulle doodslaan en ’n einde maak aan die werk.