Miga 6:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOOR tog wat die Here sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister!

2. Hoor, berge, die twis van die Here! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die Here het ’n twis met sy volk en sal met Israel ’n regsgeding hou.

3. My volk, wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My!

Miga 6