Miga 4:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse God vir ewig en altoos.

6. In dié dag, spreek die Here, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.

7. Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ’n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ’n magtige nasie. En die Here sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.

8. En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.

9. Waarom skreeu jy nou so hard? Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aangegryp het soos van een wat baar?

Miga 4