Matthéüs 6:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

7. En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

8. Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

9. Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

10. laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

11. gee ons vandag ons daaglikse brood;

Matthéüs 6