Matthéüs 28:11-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. EN terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.

12. En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee

13. en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.

14. En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.

15. Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.

16. EN die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.

17. En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.

18. En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

19. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

20. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Matthéüs 28