Matthéüs 24:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.

2. En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

3. En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

4. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.

5. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Matthéüs 24