Matthéüs 21:1-2 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:

2. Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ’n eselin vind wat vasgemaak is, en ’n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.

Matthéüs 21