Matthéüs 20:10-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ’n penning ontvang.

11. En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer

12. en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.

13. Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ’n penning nie?

Matthéüs 20