1. EN toe Jesus hierdie woorde geëindig het, het Hy van Galiléa vertrek en in die gebied van Judéa oorkant die Jordaan gekom.
2. En groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle daar gesond gemaak.
3. Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ’n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?
4. En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,
5. en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;