Matthéüs 17:8-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.

9. En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

10. En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom?

11. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel;

12. maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.

13. Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.

14. EN toe hulle by die skare kom, gaan daar ’n man na Hom en val voor Hom op die knieë en sê:

15. Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.

16. En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.

17. Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.

Matthéüs 17