Matthéüs 17:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.

5. Terwyl hy nog spreek, oordek ’n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ’n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het. Luister na Hom!

6. En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.

7. En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie.

8. Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.

9. En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

Matthéüs 17