Matthéüs 14:15-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.

16. Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.

17. Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.

18. En Hy sê: Bring dit hier vir My.

19. Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

20. En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.

21. En dit was omtrent vyfduisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.

22. EN Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.

23. En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.

24. En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.

Matthéüs 14