Matthéüs 12:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet.

2. Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.

3. Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het —

4. hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?

Matthéüs 12