1. EN hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadaréners.
2. En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ’n man met ’n onreine gees,
3. wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie;
4. want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.
5. En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.
6. En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer