21. Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.
22. En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
23. En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?
24. En as ’n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;
25. en as ’n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;
26. en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot ’n einde.