Markus 12:21-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.

22. En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

23. In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? — want al sewe het haar as vrou gehad.

Markus 12