2. En op die regte tyd het hy ’n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;
3. maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.
4. En weer het hy ’n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur.
5. En weer het hy ’n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander — sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.
6. Hy het toe nog een seun gehad, sy geliefde, en hom die laaste na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
7. Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s’n wees.