Markus 12:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword?

11. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë.

12. En hulle het probeer om Hom in die hande te kry, maar was bang vir die skare, want hulle het begryp dat Hy die gelykenis met die oog op hulle uitgespreek het. Daarop het hulle Hom verlaat en weggegaan.

13. TOE stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op ’n woord te betrap.

14. En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie?

15. Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My ’n penning, dat Ek dit kan sien.

16. En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s’n.

17. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom.

Markus 12