4. En hulle sê: Moses het toegelaat om ’n skeibrief te skrywe en van haar te skei.
5. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,
6. maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
7. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
8. en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
9. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.