13. En julle sê: Kyk, wat ’n moeite! En julle verag dit, sê die Here van die leërskare; en julle bring geroofde en lam en siek diere — so bring julle dan die offer! Kan Ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê die Here.
14. Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee ’n manlike dier is, ’n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die Here offer; want Ek is ’n groot Koning, sê die Here van die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.