Lukas 9:59-61 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

59. En Hy sê aan ’n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.

60. En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.

61. En ’n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.

Lukas 9