Lukas 7:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN nadat Hy voor die ore van die volk al sy woorde beëindig het, het Hy in Kapérnaüm ingegaan.

2. En die dienskneg van ’n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelê.

3. Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.

4. En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesê: Hy is dit werd dat U dit vir hom doen;

5. want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.

6. En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.

7. Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sê dit maar met ’n woord, en my kneg sal gesond word.

Lukas 7