1. EN toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi.
2. En Hy het ook ’n arm weduwee daar twee geldstukkies sien ingooi.
3. En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.
4. Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.
5. EN toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en gewyde geskenke versierd was, sê Hy: