Lukas 21:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi.

2. En Hy het ook ’n arm weduwee daar twee geldstukkies sien ingooi.

3. En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.

Lukas 21