Lukas 17:31-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.

32. Dink aan die vrou van Lot!

33. Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.

34. Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

35. Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

36. Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

37. En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

Lukas 17