Lukas 1:42-44 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

42. en het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!

43. En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?

44. Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.

Lukas 1