28. En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
29. En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.
30. En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
31. En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
32. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
33. en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
34. Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?