1. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
2. Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,
3. en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.
4. En Moses het gedoen soos die Here hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.