Levítikus 6:27-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op ’n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op ’n heilige plek was.

28. En ’n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in ’n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.

29. Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.

Levítikus 6