17. En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,
18. dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ’n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.
19. Dit is ’n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor die Here.