14. OOK het die Here met Moses gespreek en gesê:
15. As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die Here, moet hy as boete aan die Here bring ’n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as ’n skuldoffer.
16. En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.