23. of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring ’n bok sonder gebrek, ’n ram;
24. en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die Here slag; dit is ’n sondoffer.
25. Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.