Levítikus 3:15-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

16. En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ’n lieflike geur. Al die vet behoort aan die Here.

17. ’n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.

Levítikus 3