Levítikus 27:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

2. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand ’n besondere gelofte aflê — mense aan die Here toewy volgens jou skatting,

3. dan moet jou skatting vir ’n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die heiligdom.

4. Maar is dit ’n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.

5. En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vroulike tien sikkels.

6. Maar is dit iemand van ’n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.

7. En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo — is dit ’n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels.

8. Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.

Levítikus 27