EN die seun van ’n Israelitiese vrou — maar hy was die seun van ’n Egiptiese man — het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en ’n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.