Levítikus 2:14-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En as jy aan die Here ’n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.

15. En jy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; ’n spysoffer is dit.

16. Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, ’n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as ’n vuuroffer aan die Here.

Levítikus 2