Levítikus 2:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN as iemand aan die Here ’n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;

2. en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ’n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.

3. En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n hoogheilige deel van die vuuroffers van die Here.

Levítikus 2