Levítikus 18:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

2. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die Here julle God.

3. Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.

4. My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die Here julle God.

Levítikus 18