1. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
2. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die Here julle God.
3. Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.